Opstel 2 - Die tonneltoere
"Drip, drip, drip..."
Klein waterdruppeltjies val van die tonnel se dak af
"Drip, drip, drip..."
Dit voel asof die tonnel se mure nader na my toe kom, om my te proebeer versmoor.
"Drip, drip... drip..."
My kop gaan tekere, "Hoekom het ek die uitstappie gekies? Hoekom het ek nie akwarium toe gegaan nie?", ek was verskriklik senuweeagtig.
"Drip, drip... drip..."
My flitsligie laat die klam mure skyn.
"Drip... drip... drip..."
Ek kan my vriende hoor fluister in die volgende tonnel, maar ek kan nie beweeg nie. Ek is doodbang.
"Drip... drip... drip..."
Die mure beweeg al hoe nader aan my.
"Drip... drip... "
Die rotse in die tonnel se skerp punte en klein gaatjies maak dit amper onmoontlik om vas te hou.
"Drip... drip... "
Ek kan die water ruik en dit is so erg, dat dit my neus brand.
"Drip..."
Die mure lyk asof hulle amper bo op my is...
"Drip..."
Comments
Post a Comment