Opstel 4 - Oefening is belangerik
Oefening is een van die grootste dele van meeste mense se lewes, omdst daar baie meer voordele is as nadele.
Die eerste voordeel, is dat 'n mens moet oefen om gesond en fiks te bly. Jy kan nie heel dag sit en TV kyk nie, en verwag dat jy fikser sal raak. Ek se nie mens moet elke dag oefen nie, maar twee of drie keer 'n week sal min of meer reg wees.
Die tweede Voordeel is dat 'n mens sy/haar spiere kan opbou. Almal weet dat meeste meisies hou meer van seuns met goeie lywe, maar dit is moeilik, en jy moet jy skouer aan die wiel sit as jy dit wil reg kry.
Die derde voordeel, is dat 'n mens deur oefening vriende kan maak. Dalk speel jy en hy/sy die selfde sport, of dalk doen julle gym op die selfde tyd. Watookal dit is, sal dit baie goed wees omdat jy dan iemand het wat jou met die oefening kan help.
Ongelukkig is daar 'n paar nadele met oefening.
Die grootste een is dat dit nogal maklik is om vir jouself te beseer. As jy sport doen kan jy 'n been seer maak of as jy by die gym is kan jy 'n spier seer maak.
Ek dink nog steeds dat oefening baie goed is vir jou, en dat 'n mens altyd moet probeer om 'n bietjie oefening in te kry.
Comments
Post a Comment